Bewüstete Mega Plaas Im Vrugbare Riemland — Nou Te Soop
4 Schlafz.
2 Bäder
1,482.85 Ac lot
Aktualisiert: April 15
6
Ansichten der letzten 30 Tage
2
Über die Immobilie
Beschreibung wurde automatisch übersetzt.
Die Beschreibung wird in der Originalsprache angezeigt.
Hierdie welbekende en gevestigde plaas, geleë in die ryk landbougebied tussen Heilbron en Frankfort, bied ’n uitsonderlike belegging vir die ernstige boer of kommersiële belegger. Met ’n bewese geskiedenis van suksesvolle grootskaalse boerdery, is die eiendom uitstekend ingerig vir beide kommersiële gewasverbouing en intensiewe veeproduksie.
’n Skaars geleentheid om ’n volledig operasione
Hierdie welbekende en gevestigde plaas, geleë in die ryk landbougebied tussen Heilbron en Frankfort, bied ’n uitsonderlike belegging vir die ernstige boer of kommersiële belegger. Met ’n bewese geskiedenis van suksesvolle grootskaalse boerdery, is die eiendom uitstekend ingerig vir beide kommersiële gewasverbouing en intensiewe veeproduksie.
’n Skaars geleentheid om ’n volledig operasionele landbou-eenheid in een van Suid-Afrika se mees produktiewe streke te bekom. Hierdie word verkieslik as Lopende Saak verkoop.
Die plase bestaan uit twee titelaktes en kan gesamentlik of afsonderlik aangekoop word. Grootte en Grondgebruik Totale grootte: 600.12 ha
Lande: 151 ha Aangeplante weiding: 30,3 ha Natuurlike weiding: 400,3 ha Uitvalgrond: 15,8 ha
Infrastruktuur en Vaste Bates (Volledige lys beskikbaar op aanvraag – kontak Zenia via WhatsApp)
Voerkraal en Hanteringsfasiliteite Voerkraal vir ±2700 beeste in 28 kampe met betonvoerbakke (onder dak) en waterkrippe (onder skadunet) Veehanteringsfasiliteit langs voerkraal met 2 troklaaipunte 9 Kuilvoerbunkers (gesamentlike kapasiteit: 6000 – 8000 ton)
LMI-weegbrug: 24m x 3m, 40 ton kapasiteit
Waterinfrastruktuur 8 Boorgate (5 toegerus – sterk water) Watervoorsieningsstelsel na verskeie punte op die plaas. 3 x 10 000L JoJo-tenks by hoofhuis 1 x 5000L JoJo-tenk by voerfabriek Verskeie sementdamme, windpompe en solarpomp
Huis op werf met Buitegeboue 4 Slaapkamers ,2 Badkamers, Studeerkamer, 2 Leefareas, Eetkamer, Kombuis, Dubbel Motorhuis Netjies onderhoude woning
Buitegeboue 3x4m Koelkamer Stoorkamer en kombuisie
Voerfabriek-stoor, volledig toegerus om voere te stoor, te verwerk, te meng en uit te laai in voerwaens vir voer op gemeganiseerde basis. 10 Awegaars vir uitlaai van voer uit bunkers in voerwa Hippo Hawermeule-eenheid Elektriese Voermeule-eenheid met 2 Heklase tenks Bakkiehysereenheid Mieleisilo kapasiteit 550ton (22 ringe waarvan 25ton per ring) Soja silo 300ton Melasse silo 70 ton Bessemer Meelsilo Staal Mieliesilo
3 Kalwerhokke met afdakke en skuiwende krale (met individuele hokkies) 3 Afdak-voerstore Melkstal, ou melkstal, kalwerkampe Veehanteringsfasiliteite Onderdak met 3 Drukgange en Elektroniese Skaal, langs melkery/melkstal met 2 voertuig grootte hekke Klipstal en ekstra stoorruimtes 1 Werkswinkel met stoor, kantoor en spasie vir trekkers ens 1 x Groot, sluitbare stoor vir implemente en trekkers
Kantoorgeriewe: Gemeubileerde kantoor en konferensiekamer Aparte toilet Apteek
Werkerbehuising en Addisionele Geboue 10-slaapkamer hostel met kombuis en badkamer 16 werkershuise met Eskom-krag en songeysers
Gruisgat (bruikbaar vir padinstandhouding)
Tweede Plaas: Windpompe (2), sementdamme (3), 10 000L watertenk Solarpomp (geaktiveer indien nodig) 60 ha lande opgedeel in 30 ha, 10 ha en 20 ha Spruit vloei tussen lande
Los Bates (Volledige lys beskikbaar): Trekkers, Motorfiets, Laaigraaf, Werktuie, Spuite, Silo’s, Voerbakke, Kragopwekkers, Medisyne en plaasvoorraad
Geen werkers met permanente verblyfreg of grondeise nie.
Prestasie en Erfenis Hierdie plaas het nie net aan die voorpunt van tegnologie gestaan nie – dit was ook baanbrekend in landbou-ontwikkeling. Dit het ’n belangrike rol gespeel in: Van die eerste embrio-oorplasings in SA. Vestiging van ’n opleidingsfasiliteit vir studente van verskeie tersiêre instellings. Verskeie toekennings, insluitend Nasionale Boer van die Jaar en Vrystaatse Meester-Suiwelboer.
Kontak Zenia vir volledige dokumentasie en besigtigingsafsprake