Uitsonderlike 442 ha plaas met volop water, hoë landbou-potensiaal Hierdie bees-, besproeiings- en wildplaas naby Modimolle minder as 15km uit die dorp.
Een titelakte, geregistreer in ’n maatskappy (BTW-geregistreer). Die eiendom kan uit die huidige maatskappy gekoop word. ’n Grondpad verdeel die plaas in twee gedeeltes van ±90 ha en ±352 ha.
Hoofhuis: Ruim 4-slaapkam

Hoofhuis: Ruim 4-slaapkamer plaashuis, 4 badkamers. Oopplan sit- en eetkamer. Studiekamer, kombuis met aparte opwas. Groot stoep. Swembad en boma/braaiplek. Bykomende akkommodasie: Omgeboude stalle as gastehuis met verskeie kamers, badkamers, kombuis en kuierarea.
Ander infrastruktuur: Groot stoor 9m x 12m - en voerkamers. Slagkamer met koelkamer.
Wildheining: Volledig met wildheining met beeskampe. Water en Besproeiing 4 boorgate (3 toegerus), verskeie gronddamme, besproeiingsopgaardam, sementvis-teeldamme. Infrastruktuur vir spilpuntbesproeiing; ±150 ha bewerkbare grond. Die Klein Nylrivier vloei deur die plaas;verskeie visgevulde damme. Geregistreerde waterregte vir ±180 ha en ’n 15 ha spilpunt (3 toring + oorhang).
Bees- en Skaapboerdery Goed ontwikkel vir vee en gemengde boerdery. Voorheen Brahmanstoet; dra gemaklik ±120–150 beeste of ±400 skape. Kampe met veelvuldige waterpunte, hanteringsfasiliteite, staal-krale, uitgebreide onderdak skaaphantering en voerkampe. Vrylopende wild sluit in: koedoe, impala.
Prys: R13,5 miljoen (BTW uitgesluit indien betaalbaar).